Die sanger en akteur André Terblanché (links) sing van sy gunsteling- Afrikaanse musiek in hierdie moet-sien-musiekvertoning. Hy word op klavier begelei deur die bekroonde musikant Winand Grundling in ’n vennootskap wat gehore reeds die afgelope 15 jaar betower. André sing bekende Afrikaanse liedere van onder meer Coenie de Villiers, David Kramer en Louis van Rensburg en van sy oorspronklike komposisies, sowel as tong-in-die-kies-uitreksels uit hul Woordtrofee-benoemde kabaret Ballade vir ’n backtrack. Hierdie is ’n lekker terugsit-en-ontspan-vertoning vir die hele gesin. Die konsert begin Vrydag 15 September by die Ou Meul-teater om 19:30. . Kaartjies kos R150.Foto:


‘Great’ musiek vir gesin by Ou Meul

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article