Sal dit jy wees wat die gemerkte vis kan vang by Paarl Lions se gesinsdag? Foto:

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Is jy ’n ywerige visserman of -vrou, of is jy en jou gesin net lus vir ’n lekker dag in die buitelug in die Boland?

Dan is die Paarl-Lions se gesinsdag op die Vondeling-landgoed in die Paardeberg net die ding vir jou en jou geliefdes.

Jy kan Saterdag 7 Mei by die Lions-familie aansluit vir ’n dag van gesinspret, ’n visvangkompetisie in die plaasdam en ’n skoonheidskompetisie, en daarby ook baie vermaak vir die hele gesin in die vorm van lekker musiek in lewende lywe, pret vir die kinders onder die wakende oog van kinderoppassers, asook heerlike eet- en drinkgoed. En moenie die heerlike wyne van Vondeling vergeet nie.

Hengelaars kan teen ’n klein inskrywingsfooi die kans kry om heerlike pryse in die hengelkompetisie te wen en die gelukkige hengelaar wat die gemerkte vis uittrek, sal ’n stewige boerpot van R3 000 wen.

Die skoner geslag wat nie hengel nie, kan aan die laerskole-skoonheidskompetisie deelneem – 4-6 jaar, 7-10 jaar en 11-13 jaar.

Die verrigtinge begin om 09:00 en feestelikhede sal duur tot 16:00.

Vir inskrywings vir die hengel- en skoonheidskompetisie, stuur ’n Whatsapp-boodskap met jou e-pos-adres na Karin by 084 671 0113.

Vondeling is geleë op die Slentpad in die Paardeberg. Duidelike aanwysings van die R45 af sal die pad aandui.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article