Die grafsteen van Melaney Baniakina se ma is gevandaliseer.

Grafsteen in Wellington-begraafplaas vernietig


‘n Besoek aan ‘n geliefde se graf in die Wellington-begraafplaas het vir ‘n pa en seun in skok geëindig nadat hulle ontdek het dat die grafsteen van hul ouma en skoonma gevandaliseer is.

Die voorval het voorverlede Vrydag (15 Mei) plaasgevind en opnuut kommer laat ontstaan oor die toestand en veiligheid van spesifiek die Wellington-begraafplaas, maar ook ander begraafplase binne die Drakenstein-munisipaliteit (DM).

Die voorval het intussen vrae laat ontstaan oor of verdere maatreëls nodig is om vandalisme te bekamp en die terreine behoorlik te onderhou.

Skoolklere is ook deur die pa en seun gevind, insluitend ‘n grys broek, wit hemp en ‘n belt.

Voglens Melaney Baniakina, dogter van die persoon wie se grafsteen gevandaliseer is, het haar man en seun die plaaslike polisie ingelig oor die skool- klere wat in die begraafplaas gevind is.

Die Wellington-polisie het die voorval bevestig en sê polisielede het die skoolklere opgetel.

Volgens die polisie word geen saak in hierdie verband ondersoek nie.

Eda Barnard, uitvoerende direkteur van veiligheids- en gemeenskapsdienste by die DM, sê die munisipaliteit bestuur altesaam 14 begraafplase in die Drakenstein-vallei.

Ses hiervan is in die Paarl, vier in Wellington, en die res in Simondium, Hermon, Gouda en Saron geleë.

Volgens Barnard patrolleer wetstoepassingsbeamptes en begraafplaaspersoneel die terreine gereeld as deel van hul daaglikse pligte.

Sy voeg by dat munisipale instandhoudingspanne verantwoordelik is vir daaglikse onderhoudswerk, insluitend grassny, onkruidbeheer, die skoonmaak van toegangspaaie en stormwaterkanale, asook vullisverwydering.

KKOPKOP
Skoolklere lê in die Wellington-begraafplaas.

Barnard sê die munisipaliteit is ook besig met opgraderingswerk by verskeie begraafplase. Dit sluit onder meer die installering van kringtelevisiekameras, verbeterde toegangspaaie, omheinings en beligting in.

Sy wys egter daarop dat die herstel van beskadigde grafstene die verantwoordelikheid van die afgestorwene se familie bly.

Barnard het verder bevestig dat slegs die Parys-begraafplaas in die Paarl oor ‘n inwonende opsigter beskik wat verantwoordelik is vir toesig oor die terrein en die rapportering van instandhoudings- probleme aan die munisipaliteit.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article