Katriena Smit (68)
Katriena Smit (68)

Dit sal Donderdag (31 Julie) presies twee weke wees sedert Katriena Smit (68), ‘n bejaarde vrou van Gouda, deur haar familie as vermis aangemeld is.

Haar saak word deur die Tulbagh-polisie ondersoek, wie vandeesweek by navraag gesê het ná sewe dae is dit nie meer ‘n soektog nie maar ‘n reddingsoperasie.

Die polisie se duikeenheid en Woensdag (30 Julie) die Bergrivier langs die Gouda-windplaas gefynkam.

Paarl Post het verlede week berig dat Smit volgens haar familie glo die alzheimersiekte het, en vermoedelik verdwaal het op pad huistoe.

LEES: Polisie, gemeenskap soek na vermiste Gouda-bejaarde

Die polisie en gemeenskapslede het verlede week begin om die beboste landelike areas aan die ooste van Gouda te fynkam.

Die koerant verstaan dat Smit glo laas deur inwoners naby ‘n laagwaterbrug gewaar is.

Volgens Lee-Ann Smit, haar dogter, het haar ma, stiefpa en hul kleinkind Donderdag (17 Julie) huistoe gestap.

Die een oomblik het haar ma nog agter gestap en toe haar stiefpa weer omkyk, was auntie Katriena weg.

“My stiepa het toe hier by die huis kom vertel dat hy nou nie weet wat van haar geword het nie.

“Ons het toe dadelik na haar gaan soek. Toe dit Donderdagaand begin donker raak was ons regtig bekommerd.

“Ons het deur die nag na haar gesoek. Daar was mense wat gesê het hulle het haar naby die vleilande by die waterblommetjies gesien. Dis toe waar ons daardie nag gaan soek het,” vertel auntie Katriena se dogter.

Volgens haar lei haar ma vermoedelik aan alzheimersiekte, maar dat dit nog nie deur ‘n dokter by haar gediagnoseer is nie.

“Die laaste tyd was sy baie deurmekaar. Sy het gepraat van mense uit haar grootwordjare daar in Porterville. Mense wat ons nie ken nie.

“Hy het na hulle gesoek en ons het toe later uitgevind dat baie van die mense van wie sy praat lank reeds oorlede is.

“Sy is glad nie iemand het rondwaal nie so ons vermoede is dat sy moontlik deurmekaar het en dalk iewers is sonder dat sy weet haar familie soek is. Ons wense is dat ons haar veilig sal vind,” het Smit gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article