Oud-Springbokrugby-breier en GOOD-party politikus, Peter de Villiers, is vandag (2 Februarie) summier geskors deur die GOOD-party weens bewerings van seksuele wangedrag.Foto: Foto24


Die GOOD-party het Peter de Villiers summier uit alle party aktiwiteite geskors nadat ’n klag van beweerde seksuele wangedrag van ’n partylid ontvang is.

Brett Herron, GOOD se sekretaris-generaal en parlementslid het in ’n verklaring gesê dat GOOD se grondwet is baie duidelik oor geslagsverhoudinge en geslagsgebaseerde geweld.

“Die grondwet is van toepassing op alle lede, ongeag hul posisie.

“De Villiers se skorsing is nie ’n skuldbevinding nie, maar dit weerspieël die erns van die bewerings.”

Die party sal nou dissiplinêre prosesse implementeer om te bepaal of die bepalings van sy grondwet oortree is, het Heron gesê.

Hy het verder gesê dat gegewe die sensitiewe aard van die bewerings, sal die party voorlopig geen verdere kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie.

  • Hierdie is ’n ontwikkelende storie. Hou Paarl Post dop vir meer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article