Die Blooming Trail Run by die Morgenhof-wynlandgoed lewer Maandag 25 September die mooiste enkelbaan-ervaring.
Morgenhof is ’n historiese wynlandgoed wat in 1692 begin is en die ryk wynmaakgeskiedenis van dié landgoed dateer terug na die Franse Hugenote. Kom vier Erfenisdag op hierdie openbare vakansiedag saam met Dirtopia en Sportsmans Warehouse.
Drawwers sal op die enkelbaan-roete, wat deur Meurant Botha ontwerp is, met veldblomme getrakteer word. Daarbenewens bied die roete asemrowende uitsigte oor die Stellenbosch-wynlande.
Kies tussen ’n roete van 11 km, wat om 08:15 begin, of ’n roete van 7 km-roete (begin om 08:30). Albei roetes deurkruis blomryke velde, wingerde wat bot en vind natuurlik op Dirtopia se kenmerkende enkelbaan plaas.
Met ’n lente-afslag op inskrywingsgeld sal leerders slegs R55 betaal vir inskrywings vooraf en volwassenes R110 vir die kort roete en R155 vir die langer roete – ’n besparing van meer as 20%!
Skryf aanlyn in by www.dirtpass.co.za of www.entryninja.com. Lente-afslag geld tot Vrydag 22 September. R2 000 se koopbewyse by Sportsmans Warehouse kan ook gewen word, asook bottels Morgenhof-wyn. Dit is nie al nie – FALKE-sokkies gee produkpryse weg vir die top- drie-mans en -vroue in elke afstand en gelukstrekkings sal ook gehou word. Almal wat die wedloop voltooi, sal ’n medalje ontvang en goed gevulde verversingstasies op die roetes sal drawwers ondersteun, en drinkgoed (PVM energy-drankies en Coke) sal hulle by die eindstreep beloon.
Masserings sal ook aangebied word. Koffie sal van vroegoggend beskikbaar wees en kos en wyn kan by die restaurant geniet word. Die geleentheid is deel van die Sportsmans Warehouse-reeks.. Besoek www.dirtopia.co.za of rig navrae na info@dirtpoia .co.za of 078 343 3572.



