Die SA-weerdiens waarsku inwoners van die Wes-Kaap oor ’n swaar kouefront wat vanaf more die provinsie kan tref. Foto:


Die SA-weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik dat ’n ernstige kouefront vanaf more oor groot gedeeltes van die Wes-Kaap verwag word.

Veral areas soos die Breedevallei, Langeberg, Witzenberg, Hantam, Kannaland, Karoo Hoogland, Laingsburg, Oudtshoorn, Prins Albert en Swellendam mag getref.

Die kouefront sal na verwagting Donderdag inbeweeg, wat die dagtemperature aansienlik sal laat daal vanaf Vrydag tot Saterdag. Maksimum temperature van onder 10°C word verwag op plekke.

Sterk winderige toestande asook reen word verwag.

Daar is ook ’n moontlikheid van ligte sneeuval oor die suidwestelike berge van die Wes-Kaap sowel as die suidelike hoë grond van die Noord-Kaap.

Die landboubedryf word ook gewaarsku dat die kombinasie van baie koue, nat en winderige toestande kan lei tot die verlies van kwesbare vee en gewasse.

Die voorkoms van beurtkrag vererger ook die situasie vir veral meer kwesbare mense. Hiermee saam is die gevaar wat bykomende brande skep wat gemaak word vir warmte, asook die sterk winde oor die provinsie, kan lei tot brandgevare, veral in informele nedersettings.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article