Die Wellington-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n vragmotor met drie insittendes Saterdag (28 September) omstreeks 00:20 in ’n dam naby die Distell-brouery by die R44 beland het. Die bestuurder het vermoedelik om ’n draai beheer verloor en in die dam beland. Volgens kol. Johan Barkhuizen, ’n woordvoerder vir die Wellington-polisie, het reddingswerkers daarin geslaag om al drie uit die vragmotor te red. Volgens Barkhuizen het die bestuurder egter met sy aankoms by ’n plaaslike hospitaal gesterf.Foto: Mike Charlie 1
Een dood nadat trok in dam beland
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.