Só lyk die landskap van Rooiland nadat die Drakenstein-munisipaliteit en die Rooiland-gemeenskap Saterdag die gebied saam skoongemaak het.Foto: Drakenstein-munisipaliteit

Credit: SYSTEM

Die Drakenstein-munisipaliteit het Vrydag in ’n verklaring bekend gemaak dat ’n deurbraak met Rooiland-gesinne gemaak is en hy boumateriaal-pakkette aan geaffekteerde gesinne gaan verskaf om hulle sodoende by te staan.

“Die slagoffers het die munisipaliteit persoonlik en direk (sonder enige verteenwoordigers) genader,” bevestig die direkteur van gemeenskapsdienste, Gerald Esau.

Die munisipaliteit het toerusting aan vyf gesinne oorhandig, wat boumateriaal insluit.

“Die ander agt gesinne wat deel van die aanvanklike afsetting van die betrokke Rooiland-gebied was, is in gesprek met die munisipaliteit se behuisingskantoor,” vertel Esau.

Drakenstein en die Rooiland-gemeenskap het Saterdag dié gebied saam skoongemaak. Volgens die verklaring volg dit nadat munisipale afvalbestuurspanne voorheen toegang tot die gebied geweier is.

Dit kom ná die deurbraak en direkte samesprekings wat Vrydag tussen die Drakenstein-munisipaliteit en vyf gesinne, wie se onwettige strukture vroeër vandeesmaand uit Rooiland, Paarl-Oos, verwyder is, gehou is. Volgens die munisipaliteit is ooreengekom “dat die vyf gesinne in die agterplase van familie en vriende in die omliggende gebied hervestig sal word”.

“ ’n Skoon omgewing is ’n gesonde omgewing, en die munisipaliteit maak staat op die gemeenskap om saam met ons in ons pogings om Drakenstein skoon en mooi te hou,”sê Esau.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article