Ek het Saterdag ’n baie noue ontkoming gehad toe ’n voertuig van Checkers Sixty60 op die Lustiganpad in my vasgejaag het toe ek na die Drakenstein-sentrum onderweg was.

My motor is afgeskryf en ek was binne die motor vasgepen. Ek is erg beseer.

Gelukkig het omstanders my te hulp gesnel en toe ek my weer kom kry, was lede van Drakenstein Plaaswag op die toneel om my by te staan.

Graag wil ek hulle almal bedank vir hul uiters vinnig en professionele optrede om my te help.

Ek wil ook Garth Botha van Paarl-ambulansdienste bedank, wat my ook bygestaan het.

Baie dankie aan almal!


Felicia Heugh,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article