Damvlakke bly geleidelik styg ná die laaste paar weke se reën. Teen Maandag het die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak van 61,5% tot 62,8% gestyg. Die gemiddelde vlak was egter 74,1% in die ooreenstemmende tydperk in 2021. Kaapstad se gemiddelde damvlak het ook van 74,1% tot 75,4% gestyg en was 95,7% verlede jaar. Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het teen Maandag van 75,5% tot 76,3% gestyg en was 101,5% vol ’n jaar gelede. Die vlakke van ander belangrike damme in die gebied asook reën in die voorafgaande sewe dae: Voëlvleidam: 62,5% (62,1%) met 2 mm reën

Damvlakke styg, maar nie so goed soos in 2021

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article