Damvlakke het op verskeie plekke ná die afgelope week se reën aansienlik gestyg. Hoewel die gemiddelde watervlak van damme in die gebied van 63,9% tot 70,8% gestyg het, is damme steeds leër as verlede jaar se gemiddelde van 74,2%. Nog reën word wel vandag (Donderdag) en môre verwag. Op die foto pronk die Voëlvleidam tussen Wellington en Gouda nadat die watervlak tot 57,9% gestyg het teenoor 2021 se 55,8% nadat die dam se opvanggebied verlede week ’n baie goeie 92 mm reën ontvang het. Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het ook van 66,3% tot 72,3% gestyg teenoor 79,5% ’n jaar gelede. Die watervlak van ander belangrike plaaslike damme wat water aan die gebied verskaf, is: Bergrivierdam: 81,5% (69%) ná 124 mm reën verlede week
Damvlakke op, maar leër as in 2021
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.