Die Wemmesrhoekdam se sluise is onlangs oopgemaak nadat die damvlak tot 100% gestyg het. Foto: Bruce Sutherland / City of Cape Town


Nog reën word vandeesweek voorspel en damme se watervlakke lyk aansienlik beter as verlede jaar hierdie tyd.

In die Wes-Kaap het damme se algehele watervlakke tot die hoogste in ’n dekade gestyg – op die oomblik is dit 85% teenoor 81,5% verlede week en 56,8% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.Die Bergrivier-opvangsgebied het tot 88,71% teenoor 88% verlede week en 61,02% ’n jaar gelede gestyg. Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het ook geweldig gestyg en het nou reeds vol geloop en staan op 102,03% teenoor 96,39% verlede week en 72,3% ’n jaar gelede. 

Die watervlakke van ander damme in die gebied is:. Bergrivierdam: 100,67% (103,51% verlede week en 82,19% in 2022); Wemmershoekdam: 99,90% (98,70% verlede week en 57.77% in 2022); en Voëlvleidam: 68,97% (63,35% verlede week en 61,28% in 2022).

More (Dinsdag 27 Junie) word ’n 80%-kans vir reën in die Paarl en Wellington verwag.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article