Charlie Engelbrecht


Charlie Engelbrecht, ’n gr. 12-leerder aan die Hoër Meisieskool La Rochelle, het op 4 Augustus die prys vir die beste navorsingstaak in ingenieurswese by die Eskom-expo vir jong wetenskaplikes in Stellenbosch gewen.

Charlie het ’n metode ontwikkel om die konsentrasie van alkohol met ’n mobiele, battery-aangedrewe toestel te toets en ’n maklik bekombare oplossing wat nie in ’n yskas geberg hoef te word nie.

’n Jodium- en natriumhidroksied- oplossing vorm ’n geel neerslag in die teenwoordigheid van alkohol. Charlie het ’n metode ontwikkel waarin ’n fotometer die lig meet wat ’n LED-gloeilamp deur die oplossing skyn. Hoe meer alkohol, hoe geler word die oplossing in die teenwoordigheid van jodium en natriumhidroksied en hoe minder lig word deur die oplossing deurgelaat. Dus kon sy ’n fotometer-lesing aan verskillende alkoholkonsentrasies toeskryf.

Tans word duur laboratoriumtoetse gebruik om alkoholkonsentrasie te toets en Charlie se uitvindsel is ’n koste-effektiewe en innoverende alternatief. Charlie se toets stel dus mense in lande, waar daar nie toegang tot sulke laboratoriums is nie, in staat om alkoholkonsentrasie te bepaal.

Charlie sê haar hele projek het ontstaan omdat sy agterdogtig geraak het oor of winkelsentrums hul handreiniger verdun om geld te bespaar. Hierdie agterdog en nuuskierigheid, saam met deursettingsvermoë, het nie net vir Charlie ’n prys losgeslaan nie, maar baan nou ook die weg vir ander innoverende projekte. .A La Rochelle High School learner has won a young scientist award at an Eskom Expo.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post Medical Guide – 30 April 2026
    Credit: Heleen Smit Credit: Heleen Smit

Gift this article