Dis weer eens tyd vir die pretbelaaide Boland Landbouskool se Oesfees.

Vanjaar is daar op 10 en 11 Maart weer ’n propvol program met 50 laerskole wat Vrydag op die rugbyveld meeding en Saterdag beloof ’n skouspel van hoërskoolrugby.

Oudergewoonte sal daar ook ’n mark wees met ’n vleistafel, groente en heerlike ander plaasprodukte te koop.

Eet- en drinkgoed sal ook volop wees met onder meer brekkie-buns, hamburgers, boereworsrolle, koeldrank, koffie en roomys te koop.

Vrydagaand sal daar ’n braai wees vir ouers, voormalige ouers en oudleerders van die skool.

Die hoofwedstryd vind Saterdag om 13:30 plaas tussen Boland Landbou en HTS Drostdy.

Kom geniet twee dae van ware plattelandse gasvryheid.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article