Mia Janse van Noordwyk (gr. 4) van die Laerskool Courtrai het Saterdag aan die Wes-Kaapse atletiekbyeenkoms deelgeneem (meisies o.10). Sy het die hoogspringrekord asook die rekord vir 70 m-hekkies verbeter en ’n tweede plek in verspring losgespring. Sy is as gevolg van haar uitstekende prestasie as die victrix ludorum en beste baanatleet aangewys. Mia is in die Wes-Kaapse span opgeneem wat aan die SA kampioenskap in Potchefstroom gaan deelneem.
Beste baanatleet
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.