Jana Scheepers
-
’n Skietvoorval het ’n rustige middag in Schoongezichtstraat, Wellington versteur. Een persoon is dood, ’n ander beseer. ’n Polisielid word glo met die voorval verbind. Ondersoek duur voort.
-
Die Paarlse kantoor van Binnelandse Sake is weer oop ná ’n gewelddadige voorval. ’n Werknemer is gebyt en beseer. Die departement bevestig dat sekuriteit versterk sal word.
-
Die Wes-Kaapse departement van landbou ondersoek ‘n toerismeheffing as ‘n finansieringsmodel om die toerismesektor te ondersteun, met moontlike implementering in Drakenstein. Verdere navorsing is nodig.
-
Paarl se Binnelandse Sake-kantoor is gesluit ná ’n voorval waarin ’n kliënt glo ’n werknemer aangerand en gebyt het. Die polisie is ontbied. Die motief is onbekend.
-
On Mandela Day, South Africa inaugurated the first Nelson Mandela Rules Training Academy at Drakenstein Correctional Centre, aimed at promoting humane treatment of prisoners and enhancing correctional staff skills.
-
Renier Prins is op 12 Julie in Neil Mosesstraat, Paarl-Oos, doodgesteek. Twee broers is in hegtenis geneem ná ’n stryery oor beweerde diefstal.
-
Die Stellenbosch-munisipaliteit en die Franschhoek-polisie het ‘n beweerde ontvoering van vier minderjariges ontken en bevestig dat die kinders onder geen gevaar was nie.
-
’n Baba is as doodgebore verklaar by Mediclinic Paarl, maar kort daarna springlewendig in ’n staatshospitaal gebore. Die familie het reeds ’n begrafnis beplan.
-
Hugo Hattingh (39) van Wellington in die Wes-Kaap is in ’n kritieke toestand in ’n Thaise hospitaal nadat hy ernstige brandwonde in ’n bootontploffing opgedoen het.










