Bergendal Primêr het onlangs skoolskoene van die Val de Vie-stigting ontvang. Die skoene sal, soos wat die leerders dit nodig kry, deur die loop van die jaar aan hulle oorhandig word. Bo is van die leerders saam met onderwysers, Adele Cupido en Cecil September. Die skool nooi ook die publiek na sy basaar op 9 Maart van 09:00 by die skool, Suider-Agter Paarl-pad. Daar sal heerlike kos, verversings en drankies te koop wees.


Leerders opgewonde oor skoolskoene

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article