Jana Stofberg (hoofmeisie) en Zanke Nell (onderhoofmeisie) is gekies as die Hoër Meisieskool Paarl se hoofleiers vir 2022. Dié twee sê hulle is opgewonde vir horisonne wat verbreed, verhoudings wat oor grense heen gebou word en al die geleenthede wat op hulle wag. Hulle sien uit om te groei terwyl hulle die skool saam met die res van die matriekgroep na groter hoogtes lei. “Ons visie vir die skool is om veerkragtigheid te kweek wanneer ons probleme ondervind en om ’n gevoel van lewendigheid te skep te midde van alles wat op ons wag.”


Leiers sien uit na 2022

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article