10 Maart 1972


Shop Burgled:
The young Paarl golfer and amateur actor, Mr. Gordon Silver, suffered a heavy loss this week. His modern outfitting store in Main Street, opposite the main post office, was broken into during the early hours of the morning and clothing to the value seemingly of hundreds of rand, stolen. The exact amount of the loss was still being assessed yesterday. The front door of the shop was found open. The police are investigating.

Dogtertjie val 10 Vt.: Rosalinda, die tweejarige dogtertjie van luit, en mev. F. van der Werf van die Heilsleër, het hierdie week ’n baie noue ontkoming gehad toe sy 10 voet van ’n balkon geval en op haar koppie beland het. Dit was egter nog nie die einde van die dag se skokke vir die egpaar nie, want onderweg na die hospitaal, was hulle in ’n botsing met ’n bromponie. Niemand is gelukkig in die ongeluk beseer nie hoewel Van der Werf se motor erg beskadig is. Rosalinda is na behandeling ontslaan, maar haar gesiggie is nog erg geswel.

Treatment of Stammering: Helping in the treatment of stuttering and stammering is this triple-purpose device of pocket or handbag size, developed at the West Glamorgan Health Division, Swansea, Wales.

The device, which can easily slip into pocket or handbag, incorporates in a single unit a continuous masking sound to block out the stammer, a metronomic beat, or an interrupted masking sound emitting a froglike croak. Deaf aid earpieces enable therapist and patient to hear the sound output.

A number of people at Paarl are afflicted with stammering or stuttering.

Luisterryke Tuinparty: Driehonderd dames het Woensdagmiddag die eerste tuinparty wat ooit deur ’n Paarlse burgemeester gehou is, bygewoon. Mev. Adrienne Koch en die burgemeestersvrou, mev. Mattie van Wyk, het die party gereël ter ere van die Paarlse dames wat jaarliks hul dienste beskikbaar stel vir liefdadigheid. Die eregas was mev. Tini Vorster, eggenote van die Eerste Minister.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article