Cody Hammond het die naweek stof in die oë van sy teenstanders geskop toe hy ? derde plek vir kumite (gevegskuns) by die Nasionale karate-kampioenskap (alle style) in Durban losgeslaan het. Cody het ook ’n vyfde plek in Kata, in ’n tawwe groep bestaande uit 21 studente, verwerf. Cody is ’n lid van die plaaslike Patrick Ross-karate-akademie en ’n boorling van Wellington.


Cody skitter in kumite

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article