Van die lede van die Bergrivier-forum voor die kruis in die agtergrond is voor Kathleen Adams, Louis Jacobs, Val Fry, Nettie Solomon, Gwen Solomons, Gina Maneuls, Shirl Jacobs, Joyce Fortuin, Maria Bezuidenhoudt en Eileen Green. Agter is Titus Simpson, Dora Arendse, Raymond Pheiffer, Merle Sampson, Sabina Williams, Olive Bastian, Lizzy Jooste, Patty Rockman, Dinah Pheiffer, Sybel Hanmer, Moira Wolmarans, Drennie Carolissen, Sarah Siebritz, Irene du Preez, Sarene Simpson, Cynthia van den Bergh, Belinda Cloete, Neville Sampson, Sara Williams, Claudette Martin, Helene Jacobs, Shirley Theron, Debbie Smith en Cecil Driver (voorsitter van die sentrum).


Die Bergriviervallei-forum vir afgetredenes vier vanjaar ’n mylpaal met sy 25ste bestaansjaar.

Die Bergriviervallei-forum is op 7 September 1998 met ’n tussentydse komitee van sewe lede gestig.

Een van die doelstellings en beginsels van die forum is om deur middel van sosiale en ontspanningsgeleenthede die terapeutiese waarde van betrokkenheid en belangstelling onder afgetredenes te beklemtoon.

Ná ’n afwesigheid van bykans twee jaar weens die Covid-pandemie het lede van die forum vanjaar weer byeengekom.

Die forum het die afgelope Paasfees in die Holy Trinity-kerk in die Paarl gevier met verskeie vertellings, voorlesings, sang en gebede terwyl die uitleg en betekenis van Jesus se kruiswoorde aan die kruis voorgedra is.

Kerse is ook aangesteek ter nagedagte aan dié wat in hierdie tydperk oorlede is.

Baie van die forum se lede is al oor die 80 jaar oud, van wie die oudstes onderskeidelik 91 en 92 jaar oud is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article