Vandeesweek was dit presies vyf jaar nadat valleiers geruk is met die nuus van die branddood van die Wellingtonners Jacques en Sunita van Dyk.

Die voorval van die dood van ’n oënskynlik verliefde jong egpaar in hul huis op ’n plaas buitekant Wellington het die hele land geskok.

Maar nou, vyf jaar ná die tragedie, het die families steeds geen idee wat dié noodlottige aand gebeur het nie.

Die Van Dyk-egpaar is op 10 Mei 2017 in hul plaashuis buite Wellington dood weens rookinaseming nadat hul huis sonder enige verduideliking aan die brand geslaan het. Sunita se lyk is in ’n bad gevind en Jacques se lyk langs haar. Hul hond, Skollie, is ook dood saam met hulle in die badkamer gevind.

Daar was geen tekens van dwelms, medisyne, gif of chemiese stowwe in die lyke nie en die enigste moontlike leidraad is net ’n gebreekte beentjie in Sunita se nek. Maar dié het ook nog nie na ’n konkrete bewysstuk gelei nie.

Volgens ’n polisiewoordvoerder is die ondersoek voltooi en die saak is aan ’n staatsaanklaer oorhandig vir besluitneming.. The five-year anniversary of a baffling case in Wellington, which claimed the lives of Jacques en Sunita van Dyk, still has many unanswered questions.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article