Soos baie ander plaaslike damme sak Voëlvleidam se vlak ná die somer.Foto: Samuel Walters


Van die grootste damme in die Wes-Kaap se watervlakke is aansienlik laer as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Die provinsiale gemiddelde het die afgelope week van 52% tot 51,6% gedaal. Dit was dié tyd verlede jaar 53,1%.

Die watervlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die Wes-Kaap, het die afgelope week van 67,9% tot 66,3% gedaal en was 80% ’n jaar gelede.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel geen reën verder vir vandag (Donderdag 26 Mei) nie, maar ligte buie kan wel Saterdag en Sondag verwag word.

Die plaaslike landbougemeenskap meen dat die winterreën vanjaar later as gewoonlik is en temperature bly warmer as gewoonlik. Vir vrugteboere is dit nie goeie nuus nie, want vrugtebome soek nou koue temperature om in “rus” te gaan vir die winter.

Paarl het in April 2021 net 10 mm reën gekry en vanjaar ook 10 mm. In Mei 2021 het die omgewing baie goeie neerslae – 157 mm – gekry, maar tot dusver het Mei vanjaar nog net 17,5 mm opgelewer.

Die watervlak van ander damme wat water plaaslik verskaf, is:

Voëlvleidam: 56,9% (61,85%).

Bergrivierdam: 66,9% (83,59%).

Wemmershoekdam: 50,5% (63,23%).

. Dam levels are dropping fast as the winter rains stay away.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article