Die graad R- tot gr. 7-seuns van Paarl Primêre Seunskool het vanjaar die voorreg gehad om aan die Next Level-skoolkonsert deel te neem. Verskeie talentvolle seuns het verlede week as soliste opgetree en terselfdertyd ’n hoofrol vertolk. Elke graad het ’n bekende musiekblyspel uitgebeeld en het die gehoor met hul uitstekende rolspel en dansvernuf op die verhoog vermaak. Die personeel van die skool het nie teruggestaan nie en is luidkeels toegejuig na afloop van hul dansitem op die bekende musiek van die treffer “Footloose”. Die oorspronklike stuk is deur twee opvoeders van die skool geskryf, terwyl die musiekdepartement regstreeks in die orkes gespeel het. Dit was ’n groot voorreg vir leerders om aan hierdie puik produksie, wat uit vyf uitsonderlike optredes bestaan het, te kon deelneem.


Klein Boishaai hou skoolkonsert

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article