Die reeksmoord-beskuldigde Johan Williams.Foto:


Johan Williams, ’n taxibestuurder van Wellington, het Vrydag weer in die hooggeregshof op drie aanklagte van moord verskyn.

Die Direkteur van Openbare Vervolging se advokaat en die beskuldigde se advokaat het vroeër ’n pleitooreenkoms ingevolge die Strafproseswet uitgewerk en ooreengekom op ’n straf van 40 jaar.

Williams, wat tot die vonnis ingestem het, het egter Vrydag in die hof besluit hy verwerp die ooreenkoms en wil verhoor word.

Hy word daarvan beskuldig dat hy Chantell Matthysen (21), Maria Isaacs (25) en Natalie Jonkers (35) afsonderlik na sy houthuis in Newton gelok het met beloftes van werk en hulle dan verkrag en vermoor het.

Williams is in 2018 deur die Wellington-speurtak vasgetrek en het die plekke waar hy die lyke begrawe het aan die polisie gaan uitwys.

Die saak is tot Augustus uitgestel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post Medical Guide – 30 April 2026
    Credit: Heleen Smit Credit: Heleen Smit

Gift this article