Om entrepreneurskap aan te moedig en verdienstelike gemeenskapswerkers of amptenare in ons gemeenskap, wat gedurende die jaar ’n verskil gemaak het, te identifiseer en toepaslik te beloon, word ’n kompetisie vir die Drakenstein-Sakemens van die jaar deur die Drakenstein-sakekamer, Paarl Post en verskeie borge in Julie en Augustus van stapel gestuur.

Sakekamerlede en die publiek word genooi om benoemings vir verdienstelike werkers in enige verwante afdeling voor 15 Augustus in te stuur.

’n Koopbewys van R10 000 aan die Drakensteinse Sakemens van die jaar is op die spel asook R1 000 se koopbewyse aan elke kategoriewenner.

Die inskrywingsfooi vir die Sakeonderneming van die jaar-kompetisie is R1 000.

Kry inskryfvorms en nog inligting in Julie en Augustus by info@ drakensteinsakekamer.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article