Inwoners van Gouda is ongelukkig oor die toestand van die begraafplaas in die gebied. Die klaers was egter onder die indruk dat die begraafplaas aan Drakenstein-munisipaliteit behoort, maar volgens Gerald Esau, uitvoerende direkteur: gemeenskapsdienste by die munisipaliteit, is dit nie die geval nie. Volgens Esau behoort die begraafplaas aan ’n kerk in Gouda en staan dit bekend as die Gemeenskap-begraafplaas. “Daar is ’n kerk-komitee wat verantwoordelik is vir die instandhouding en skoonmaak van die begraafplaas. Volgens die inligting wat die munisipaliteit ontvang het, word die begraafplaas een keer per jaar skoongemaak,” het Esau gesê. Foto: Samuel Walters
Begraafplaas ’n rommelhoop
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.