Rocco de Villiers is een van die kunstenaars wat by die Musiekindaba gaan optree.


Die Musiekindaba se Musiekspyskaart-konserte word van 30 November tot 3 Desember in Stellenbosch aangebied.

Groot name soos Coenie de Villiers, Anton Goosen, Arno Carstens, Andriëtte Norman, Neil Sandilands, Jack Parow, Early B, Rocco de Villiers en Tarryn Lamb is van die kunstenaars wat in en om Stellenbosch sal optree.

Die Musiekindaba bring nie net rolspelers, kunstenaars en aanhangers in die musiekbedryf bymekaar nie, maar bied ook vermaak uit die boonste rakke.

Die dagprogram sluit in werksessies, meesterklasse en praatjies, asook die Musiekspyskaart.

Kaartjies vir die Musiekspyskaart-konserteis by www.quicket.co.za beskikbaar.

Spesiale afslag van 50% is tussen 23 en 28 November vir sekere konserte beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article