Riverstone-rugbyklub is op soek na ’n kandidaat om die posisie as hoofafrigter van die klub te vul.
Die kandidaat moet in besit wees van ’n vlak 1-afrigterskwalifikasie, wat by die IRB geregistreer is, goed in ’n span kan werk en dissipline kan handhaaf met medeafrigters sowel as die spelers.
Die kandidaat moet ook ’n passie hê om met jong spelers te kan werk ongeag die ouderdomsgroep.
Kandidate wat belangstel kan hul CV’s aanstuur na Vida Classen per e-pos by wida.classen@gmail.com of aan Devon Arries by devonarries5@gmail.com.
Die sluitingsdatum vir die posisie is 15 Desember.




