Huis Andrew Murray (HAM) in Wellington het Sondag 5 Februarie sy 125ste verjaarsdagvieringe ingelui by sy jaarlikse dankseggingsdiens in die NG Moedergemeente in Wellington. ’n Kers is aangesteek om die lig in hul kinders se lewe te simboliseer. Daarna is almal na HAM se sportveld om 12 bome te plant. Hierdie bome word geplant om vir die volgende 125 jaar skaduwee aan die volgende geslagte te gee en hulle aan hul voorgangers te herinner. HAM wil vir raadslid Lorraine Cyster bedank vir die reël van die bome, asook elke donateur, beheerraadslid, personeellid en die kinders wat die besonderse dag so spesiaal gemaak het.


Huis Andrew Murray vier 125 jaar

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article