Alistair Izobell is een van die musikante wat op 11 Maart by die amfiteater op Paarlberg gaan optree.


Van die Kaap se mees geliefde musikante en ’n paar talentvolle plaaslikes sal sorg dat die rugbyklub Young Gardens van die Paarl sy 75ste bestaansjaarvieringe beslis op ’n hoë noot begin.

Hulle tree almal op Saterdag 11 Maart in die amfiteater op Paarlberg by Gardens se “Back to our Roots”-musiekfees op.

Die nimlike Alistair Izobell, The Richard Ceasar Band, Don Vino en The Rockets verskaf die Kaapse geur.

Plaaslike kunstenaars word nie afgeskeep nie, met die Paarliete Loren Erasmus, Chelsea Vox en Carl Hendricks wat hul talente gaan uitstal. Die Wellingtonners RJay & LK gaan ook wys hoekom hulle so gewild is. Nog plaaslike kunstenaars, Marco Mentoor en sy orkes, gaan optree met die sangers.

Daar sal ’n kontantkroeg en kosstalletjies beskikbaar wees op die dag, so geen piekniekmandjies en drank word toegelaat nie. Kaartjies teen R170 elk (plus ’n klein diensfooi) is nou al beskikbaar op www.webtickets.co.za en by alle takke van Pick n Pay.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article