Die gemiddelde watervlak van damme in die Wes-Kaap het die afgelope week tot net bo 50% gedaal. Teen gister het die provinsiale gemiddelde op 52,7% gestaan teenoor 54,4% ’n week gelede. In die ooreenstemmende tydperk verlede jaar was dit op 68,6%. Kaapstad se gemiddelde het van 61,7% tot 59,7% gedaal, teenoor 84,4% ’n jaar gelede. Daarby het die watervlak van die Voëlvleidam tot 45,4% in vergelyking met sy vlak van 79% verlede jaar gedaal. Die watervlak van die Theewaterskloofdam (foto), die grootste opgaardam in die provinsie, het die afgelope week van 57,8% tot 56,1% gedaal teenoor 86,7% dié tyd verlede jaar. Die Bergrivierdam staan vandeesweek op 76,2% (78,6%)

Watervlak van Wes-Kaapse damme daal steeds

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article