Hier lig ekstatiese leerders van Hoër Meisieskool Paarl hul atletiekkaptein Cassidy Jacobs omhoog met die 4M-trofee in hand. Dit is die tweede jaar in ’n ry wat HMS die gesogte trofee verower. Foto’s: EJ Langner


Hoër Meisieskool Paarl het Woensdagaand (22 Februarie) vir die tweede agtereenvolgende jaar weggestap met die louere as 4M-kampioenne.

Die jaarlikse 4M-atletiekbyeenkoms waartydens die Boland se top meisieskole meeding, naamlik Girls’ High, La Rochelle, Bloemhof en Rhenish, het plaasgevind op Coetzenburg.

Die finale telbord het as volg gelyk:

Girls’ High – 549

Bloemhof – 366

La Rochelle – 350

Rhenish – 83

Die aand was behoorlik met aksie belaai, met verskeie rekords wat gespat het.

Van die rekords wat gebreek is, was: Diskus o.17 Elzahn Nel 40,31m (35,88m); Hoogspring o.14 Kayla le Roux 1,60m (1,59m) en 400m o.17 Barbara de Kock 56,03m (56,51m).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article