Die Boland Kavaliers ná hul sege teen die SWD Arende Saterdag.Foto:

Credit: SYSTEM

Die Boland Kavaliers het Saterdag 18 Februarie die SWD-Arende by die Bridgton-sportstadion in Oudtshoorn die stryd aan gesê.

Ná laasweek se oortuigende 48-22 oorwinning oor die Valke was dit die Arende se beurt om onder die swaard van die Kavaliers deur te loop.

’n Sterk vertoning in die eerste helfte het die besoekende span ’n voortou van 22-12 teen rustyd gegee. Teen nou het die tuisskare geweet die Kavas beteken besigheid.

Die vloedpoorte was oop en niks kon Thurlow Marsh en sy troepe van ’n oorwinning keer nie. Drieë vir die Kavas is gedruk deur Sauliegh Arendse, Feghon-Leigh Snyders en Lunathi Nxele. Connor Mahoney het ook twee keer agter die witlyn gaan lê. Feghon-Leigh Snyders (3), Mahoney (1) en Darian Hock (1) het geslaag met doele terwyl Snyders ook ’n strafdoel deur die pale gejaag het om vir die Kavas ’n oorwinning met 43-26 te gee.

Die fondasie lyk sterk en die opkomende naweek verwelkom die Kavaliers die Border Bulldogs by die Boland Rugbystadion in Wellington. Afskop is om 16:00 en hekgelde beloop R30 vir volwassenes en R10 vir kinders. Roses United sal ook teen Kuilsrivier speel op die dag met die 3de spanne wat 13:00 afskop, 2de spanne 14:00 en die 1ste spanne 18:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article