Ten spyte van vanjaar se goeie somerreën bly damme se watervlak heelwat laer as in 2022.
Die Drakenstein-vallei het sedert die naweek goeie neerslae geniet. In Paarl is 28 mm gemeet, in Wellington 46 mm en in Franschhoek 51 mm.
Teen Maandag was die Bergrivier-opvanggebied se gemiddelde vlak 58,94% teenoor 72,34% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Vandag (Donderdag 9 Maart) word ’n 60%-kans op reën voorspel, en dan weer Saterdag. Daarna kan ’n droë week verwag word.
Die watervlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het van 53,1% tot 52,4% gedaal.
In die voorafgaande sewe dae is 72 mm reën by dié dam gemeet.
Ander damme se watervlak in die gebied lyk as volg: . Voëlvleidam: 41,1% (41,7%);. Bergrivierdam: 68,6% (70,3%) met 60 mm reën; en. Wemmershoekdam: 69,1% (70,1%) met 32 mm reën.



