Die Paarl-Oos-gemeenskapspolisiëringsforum nooi inwoners wat kwalifiseer om vir vakante poste by die forum aansoek te doen.
Een pos beskikbaar as kassier en drie poste vir addisionele lede is beskikbaar.
Die vereistes sluit in die aansoeker moet deel wees van ’n organisasie wat by die GPF betrokke is, moet beskikbaar wees vir vergaderings en moet goed saam in ’n span kan werk.
Die verkiesing is op 30 Maart om 19:00 by die Paarl-Oos-polisiekantoor. . Vir navrae kontak die GPF-sekretaris Shireen Anter by 084 076 4910.

