Ten spyte van die feit dat vandag uiters warm gaan wees, bekruip ’n intense kouefront die Wes-Kaap wat tot Maandag duur.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku inwoners en boere oor erge wind en reën wat verwag kan word.
Reënweer word reeds môre en Saterdag voorspel.
Maar vandag kan die kwik tot 36 °C in Paarl styg.
Teen môre is daar ’n 30%-kans op motreën in die Drakenstein gebied met die kwik wat daal tot sowat 26 °C.
Saterdag is daar weer ’n 30%-kans op reën in Paarl en omgewing.
En vir Sondag word die groot reën voorspel met ’n 60%-kans op buie wat oor die gebied verwag kan word.




