Drie gewapende rowers het Donderdag omstreeks 12:00 op die Drakenstein-apteek in Paarl toegesak.


Die Paarl-polisie is op soek na drie mans nadat hulle verlede Donderdag met wapens op die Drakenstein-apteek in die Paarl toegesak het.

Die polisiewoordvoerder, kapt. Louise du Plessis, het in ’n opvolg verklaar dat die drie mans vir ondervraging gesoek word nadat hulle ’n plaaslike apteek in Jan Van Riebeeckweg omstreeks 12:15 beroof het.

“Die verdagtes, twee wat vuurwapens swaai en een gewapen met ’n mes, het die apteek binnegekom en die kassier gedreig om die kasregister oop te maak en die kontant te oorhandig,” vertel Du Plessis.

Daarna, sê sy, het die verdagtes die apteek se personeel nog verder geterroriseer toe hulle die klaer en ander aptekers na die inloopkluis geneem en geëis het dat hulle dit oopmaak. “Die verdagtes het met ongeveer R4 000 kontant gevlug. Geen beserings is aangemeld nie.”

Enigiemand met inligting kan die Paarl-polisie by 021 807 4141 of 021 807 4038 skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article