Die Groot Drakenstein-polisie het onlangs 30 leerders van verskeie skole in die gebied geneem om die Drakenstein-gevangenis as deel van ’n jeugbewusmakingsprojek te besoek. Volgens sers. Julian Martin is die leerders op ’n toer geneem en oor die geskiedenis van die gevangenis ingelig. Die leerders is ook rakende boelie en lewenskeuses toegespreek. Die leerders is van Simondium Primêr, Pniël Primêr en PC Petersen Primêr. Verskeie borge het die dag moontlik gemaak en die leerders is deur sers. Charlene Pietersen, die Groot Drakenstein-polisie se sosialemisdaadbeampte, vergesel.Foto:


Leerders besoek in Drakenstein-gevangenis

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article