Hillcrest United het die naweek kragte gemeet teen Young Blues van Wellington, wat vanjaar hul debuut maak in die Boland se Grootuitdaag-kompetisie. Die tuisspan (Hillcrest) het die besoekers met die stert tussen die bene huis toe gestuur deurdat al drie hulle spanne gewen het. Hillcrest is tans onoorwonne ná drie oorwinnings en een gelykopstryd en lê eerste in die Witsentraal-afdeling. Die derde span wen 12-3, tweede span 34-3 en die eerstespan slaan bloedneus met 36-5. Drieë: Charlton Solomons (1), Gilton Mangena (2), RT van der Merwe (1), Jade Adams (1). Doelskoppe: Kyle Marthinus (3), Ethan Voster (2). Strafskop: Ethan Voster (1). Voster (18) het Saterdag sy debuut in die eerstespan gemaak.Foto: Roswall de Vries
Credit: SYSTEM
Hillcrest bobaas
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.