Talle gevalle van gesinsgeweld is die afgelope tyd in Paarl-Oos aangemeld.

Kol. Wellington Stephans, stasiebevelvoerder by die Paarl-Oos-polisie, sê die uitdaging is dat mense gesinsgeweldverwante sake kom terugtrek. “Wanneer ons die oortreders in hegtenis gaan neem, besluit die slagoffers om die sake terug te trek. Dit het ’n norm in ons gemeenskap geword dat sulke sake teruggetrek word. Dit hou nie op nie, hoewel ons al jare by die gemeenskap pleit om nie gesinsgeweldsake terug te trek nie.”

Volgens Stephans doen die polisie ’n beroep op die gemeenskap om onwettige aktiwiteite in hul gebiede aan te meld.

“Ons sal hul identiteit geheim hou. Hulle moet 0800 10111 skakel en ons sal daaraan aandag gee. Inwoners moet ook afpersingsake aanmeld – veral sakeondernemings in ons gebied.”. Lately many cases of domestic violence have been reported in the Paarl East areas, says Col Wellington Stephens, station commander at Paarl East police.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article