Die eerste Medieval-fees is Maandag 1 Mei op Expérience d’Arauna ten bate van liefdadigheid gehou. Die hekgeld is verdeel tussen Huis Andrew Murray en die plaaslike dierebeskermingsvereniging. Sowat 300 besoekers het opgedaag en die 22 stalletjies wat alles van kos tot klere en vars groente verkoop het, ondersteun. Kulkunstenaars, ’n poppekas vir die kleintjies, ponieritte, ’n Klopse-optog, perderuiters en ’n belly dance-vertoning het besoekers vermaak. Die biertuin is ook goed ondersteun. Arauna beplan om dit ’n jaarlikse instelling te maak om met die Safari-halfmarathon saam te val.Foto:

Credit: SYSTEM

Middeleeuse fees gaan jaarlikse instelling word

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article