By die onlangse 50ste reünie van Hugenote Hoërskool in Wellington was vier van die 1973-onderwysers teenwoordig. Agter van links is Elma Visser (Afrikaans), Japie Coetzee (destydse skoolhoof), Piet de Wet (liggaamsoefeninge) met voor Edith Hofmeyr (musiek). Die reünie-groep het deur die skool geloop en ’n Afrikaans-les by Visser gekry. Die groep het weer gehoor dat “weer” en “eens” as twee losstaande woorde geskryf word. Die middagkuier het by Bosman Family Vineyards plaasgevind en die aandgeselligheid by Leeuwrivier. Die destydse hoofseun, Niel Pienaar, het van Engeland gereis vir die geleentheid. Die klomp is baie beslis daaroor om nie weer 10 jaar oor te slaan nie, maar oor vyf jaar weer bymekaar te kom.Foto:


Oud-Hugenooters: 50 jaar later

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article