Violets Rugbyklub het onlangs sy jaarvergadering gehou en die volgende lede as ampsdraers gekies:
. Voorsitter – Ralph Frankfort;
. Ondervoorsitter – Henry Matthews;
. Sekretaris – Roger Uren; en
. Kassier – Tyrone Uren.
Die assistente vir bogenoemde is Bertie Fourie, Monrico Carollisen, Jonathan Mack (wedstryd-sekretaris) en Dalton de Kock.
Die klub oefen Maandae en Woensdae by Pietersenstraat 20, Mountain View, Paarl-Oos, en Dinsdae en Donderdae by Allandale- gevangenis.
. Kontak Graham Fortuin, hoof van afrigting, by 073 787 1367 vir meer inligting. Alle voornemende spelers is welkom om by die klub aan te sluit.


