’n Minibus het die afgelope naweek in Mullerstraat in Paarl-Oos skielik in vlamme uitgebars.
Die plaaslike brandweer het om 18:43 daarop reageer en was spoedig op die toneel. Hulle het die brand geblus, hoewel die minibus ’n algehele wrak is.
Eda Barnard, die Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende direkteur van openbare veiligheid, sê geen beserings is aangemeld nie.





