Die wegbreekbouler Luke Daniels van die Hugenote Hoërskool op Wellington het Saterdag ’n besonderse sewe paaltjies geneem in sy skool se o.19A-wedstryd teen Worcester Gimnasium. Daniels is bekend daarvoor dat hy die lengte en spoed van sy aflewerings mooi afwissel om sy opponente se kolwers te klop. Die Worcesteriete is tot net 82 lopies beperk. Hugenote het daarna die wedstryd binne 20 boulbeurte gewen. Cullen Ruiters (26) en Brett Arendse (19) het die beste met die kolf gevaar. Foto: Elena Duvenage


Luke boul Worcester disnis

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article