’n Jong man het Sondag (10 Maart) in Amstelhof, Paarl-Oos gesterf toe die hek van ’n perdewa op hom geval het.

Volgens kapt. Basil Seekoei, woordvoerder van die Paarl-Oos-polisie, het die voorval omstreeks 08:40 op die hoek van Swaeltjie- en Desmorestraat gebeur. Die oorledene is geïdentifiseer as Mihain Samaai (24), ’n jonger broer van die nasionale atleet Ruswahl Samaai.

“Die oorledene en sy vriende het die vragmotor genader. Hulle het na bewering probeer om die hek aan die agterkant van die vragmotor oop te maak [waar die perde ingelaai was].

“Daar word geglo dat die perde geskrik het en een van die perde het die hek geskop. Die perd het die hek in die proses los geskop en die hek het op die oorledene geval. Hy is op die toneel dood.”

Seekoei sê geen misdaad word vermoed nie en dat ’n geregtelike doodsondersoek geregistreer is wat verder deur Paarl-Oos polisie se speurders ondersoek sal word.

Volgens ’n bron sou Samaai Dinsdag (12 Maart) sy 25ste verjaarsdag gevier het.

. A young man died a tragic death on Sunday (10 March) in Amstelhof, Paarl East when the gate of a horse carriage fell on him.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article