Mia Janse van Noordwyk (gr. 6) en Pietman de Necker (gr. 4), albei leerders aan die Laerskool Courtrai, het onlangs aan die SA Atletiekkampioenskap deelgeneem. Mia het goue medaljes in die 150 m-hekkies en verspring gewen en twee SA rekords verbeter. Sy het ook ’n silwermedalje in die 75 m-hekkies – ook in ’n SA rekordtyd – gewen. Pietman ken ook sy storie en het ’n goue medalje in die hoogspring vir seuns o.10 gewen.


Courtrai-leerders skitter in atletiek

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post Medical Guide – 30 April 2026
    Credit: Heleen Smit Credit: Heleen Smit

Gift this article