Elzabé Zietsman is weer op die verhoog by Die Bordienghuis in Wellington.


Die volgende weke het die Bordienghuis-teater in Wellington ’n propvol kalender met van die land se top-talent wat hier op die verhoog te sien sal wees.

Elzabé Zietsman is op 6 Augustus in die bekroonde kaberet Vier Panado’s en ’n chardonnay te sien.

In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir *****, vier Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid.

As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, slaan ons bollemakiesie en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaar val, drink Mamma vier Panado’s en ’n glas chardonnay en Pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.

Vier Panado’s en ’n chardonnay is by die onlangse KKNK vir twee Kanna-toekennings benoem: Beste aanbieding – musiek, asook Beste debuutwerk.

“In net meer as ’n uur bied Zietsman en Tony Bentel voor die klavier ’n afgeronde, bedrewe vertoning aan wat salf gee, die humor uitlig in bykans als wat ons hier beleef en dan omgord sy jou met ’n wapenuitrusting om weer in die wêreld te kan uitgaan.

“Zietsman en die teksskrywer Johann Slabbert (Routrip) werk en verken ’n groot emosionele terrein in Vier Panado’s en ’n Chardonnay – hul aanslag is lig, intelligent, snaaks en bemoedigend.” – Laetitia Pople, Netwerk24

Kaartjies kos R200 per persoon.. Die Boland se eie ZZTop, Orwellington, en die tweeling Akkedis, speel môre (Vrydag 26 Julie) by die Bordienghuis-teater in Wellington.

Orwellington open die musiek-jolyt om 19:00.

Albei groepe speel oorspronklike Afrikaanse rock ’n roll. Verwag egter om ’n cover song of twee te hoor van Neil Young, die Rolling Stones of selfs die Kalahari Surfers tussen-in.

Albei groepe se invloede strek terug na die jare sestig en sewentig se oorspronklike rock bands.

Kom luister saam hoe die manne en vrou hul kitare laat kreun.

Koop kaartjies teen R100 elk by Jeannine by 061 1565 386.

By albei vertonings word pizzas en iets te drinke van 17:00 af te koop aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article